Hoërskool Rustenburg opvoeders blink uit in rugbykringe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Rustenburg opvoeders blink uit in rugbykringe. Rustie-onnies, mnr. Naas Olivier, mnr. Gerhard van der Merwe en mnr. Brendan Coetzee BLINK UIT in die rugbykringe. Ons spog breëbors met mnr. Naas Olivier wat aangewys is as die o. 18-Luiperds Cravenweekkeurder, mnr. Gerhard van der Merwe wat aangewys is as die o. 17-Luiperdsafrigter en mnr. Brendan Coetzee wat aangewys is as die o. 16-Grant Khomo -hoofafrigter. Die Rusties wens hierdie drie onnies alle sterkte toe met hierdie ongelooflike geleentheid!
Rustie-onnie, Gerhard van der Merwe is aangewys as die o. 17-Luiperdsafrigter
Rustie-onnie, mnr. Brendan Coetzee is aangewys as die o. 16-Grant Khomo-hoofafrigter
Rustie-onnie, mnr. Naas Olivier is aangewys as die o. 18-Luiperds Cravenweekkeurder










