Hoërskool Eldoraigne Kultuurhoof
ADVERTISEMENT
Ons is baie trots om aan te kondig dat me. Vinkie Schaap na ‘n suksesvolle interim periode nou amptelik aangestel is as Hoërskool Eldoraigne se Kultuurhoof. Haar visie as Kultuurhoof is om die deelname en sukses van alle kultuuraktiwiteite te bevorder en vir elke leerder in Hoërskool Eldoraigne die kans te bied om hulself holisties te ontwikkel, nuwe talente te ontdek en kultuurproduksies van hoogstaande gehalte op die planke te bring. Ons wens haar alle sterkte toe met die taak wat voorlê en ons is opgewonde om te sien hoe sy kultuur na nuwe hoogtes gaan neem.










