Puik krieket kragmeting vir Hoërskool Labori
ADVERTISEMENT
Hoërskool Labori se o.14A-krieketspan het teen Hoër Jongenskool Paarl o.14E te staan gekom in ’n goeie kragmeting. HJS teken 74/10 aan. Zandré Kruger lewer ’n uitstekende boulvertoning en neem 3/8. Labori antwoord sterk met die kolf en teken 76/3 aan. Labori wen die wedstryd met 7 paaltjies. Dit was puik spanpoging en ’n welverdiende oorwinning.












