Hoërskool Witteberg se matriekprestasies hou aan om te beïndruk
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg se matriekprestasie hou aan om te beïndruk! Witteberg se uitstekende matriekprestasies het weereens provinsiale erkenning ontvang. Tydens die Vrystaatse Well Done Function van die Departement van Onderwys, wat op 16 Januarie 2026 in Bloemfontein plaasgevind het, is vier Witteberg-leerders onder die Top 50 presteerders in die Vrystaat ingesluit na afloop van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen.
- Jané de Villiers het ’n besonderse prestasie behaal deur 9de in die Vrystaat te eindig met ’n gemiddeld van 93%, en is ook onder die Top 10 presteerders in Afrikaans Huistaal.
- Hugh Enslin is as 11de in die Vrystaat geplaas met ’n gemiddeld van 92,42%, en is verder onder die Top 10 presteerders in Fisiese Wetenskap aangewys.
- Amy Kotzé het die 31ste plek in die Vrystaat behaal met ’n gemiddeld van 88,5%.
- Keryn Woodage het die 49ste plek ingeneem met ’n gemiddeld van 88,25%, en ook onder die Top 10 presteerders in Wiskunde tel.
![]()










