Paul Roos Gimnasium-eerstespan wen Zestfruit Gerrie Berner-tennistoernooi op tuisgrond
ADVERTISEMENT
Veels geluk aan die Paul Roos Gimnasium-eerstespan wat Saterdag die 21ste Zestfruit Gerrie Berner-tennistoernooi op tuisgrond gewen het deur HJS Paarl (Boishaai) met 4 – 1 te klop. Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat Paul Roos hierdie gesogte titel inpalm. Die Paul Roos-spanlede wat die knoop deurgehaak het, is Hanno Bouwer, Luke Verwey, Sebastian Oosthuizen, Tristan van der Merwe, Zach Jooste, Simeon Roothman en Liam Badenhorst.
Die PRG-span se wenpad het as volg verloop:
PRG klop Westville Boys High 6 – 1.
PRG klop Pearson HS 7 – 0.
PRG klop Outeniqua HS 7 – 0.
PRG klop Hoërskool Waterkloof 7 – 0.
PRG klop Kearsney College: 7 – 0.
PRG klop AHS (Affies) 4 – 0 in die semi-finaal.
PRG klop HJS Paarl (Boishaai) 4 – 1 in die finaal.

(vlnr): Mnr Jannie de Villiers (Rektor van Paul Roos), Simeon Roothman, Luke Verwey, Liam Badenhorst, Hanno Bouwer, Sebastian Oosthuizen (Kaptein), Tristan van der Merwe, Zach Jooste, Swannie Swanepoel (afrigter) en Juf Lucette van Niekerk.
Die finale uitslag was as volg, in rangorde:
1. Paul Roos Gimnasium
2. HJS Paarl (Boishaai)
3. Westville Boys High
4. AHS (Affies)
5. Grey College
6. Pearson HS
7. Kearsney College
8. Hermanus HS
9. Hoërskool Waterkloof
10. Outeniqua HS
11. St Stitians College
12. Oakdale Landbou









