Motorfiets prestasie vir Primêre Skool op die Voorpos
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 6 September het die Upington Offroad motorfiets klub hulle laaste wedren vir die jaar aangebied. Dit is ń buite sport wat vlam gevat het in Upington en lewer groot sukses op tussen jonk sowel as oud. Daar is verskillende afdelings waaraan deelgeneem word en dan word die wenners bepaal deur hulle tye wat opgestel word tydens die wedren. Hierdie naweek was Lourens de Jager se heel eerste keer wat hy aan so iets deelgeneem het en hy het hom baie goed van sy taak gekwyt! Hy het ń eerste plek in die novice afdeling verwerf. Baie geluk Lourens, ons is baie trots op jou!










