Merensky Landbou Akademie tweedespan tennisspelers speel Mitchell House
ADVERTISEMENT
Merensky Landbou Akademie se tweede span tennisspelers het op Maandag, 1 September, kragte gemeet met Mitchell House in ’n ligawedstryd wat by die Polokwane Tennisklub plaasgevind het. Die Plasies het met uitstekende spanwerk en kragdadige spel die dag met oorwinning afgesluit.
Dubbels
- Ryan Schlebusch & Daniel le Roux – wen 4–3
- Keagan Cherry & Jac van Wyk – wen 5–2
- Roelien Janse van Rensburg & Amelie Pretorius – wen 4–3
- Zelné Lepart & Nadia Honiball – wen 7–0
Enkels
- Ryan – wen 6–1
- Daniel – wen 6–1
- Keagan – wen 4–3
- Jac – wen 7–0
- Roelien – wen 7–0
- Amelie – verloor 3–4
- Nadia – wen 6–1
- Zelné – wen 6–1
’n Spesiale woord van dank gaan aan die spankapteine vir die bederfies: ’n verfrissende Powerade, lekker sjokolade en ’n mooi briefie wat die dag net meer besonders gemaak het.

VOOR: Jac van Wyk, Daniel le Roux. AGTER: Roelien Jv Rensburg, Zelné Lepart, Keagan Cherry, Ryam Schlebusch, Nadia Honiball, Amelie Pretorius.









