Ligbron Akademie rugby seëvier oor Hoërskool Oos-Moot
ADVERTISEMENT
Ligbron se rugbyspanne het die afgelope Saterdag kragte gemeet teen Hoërskool Oos-Moot van Pretoria.
Dit was veral die eerste span se wedstryd wat toeskouers laat naels byt het. Met ‘n half-tyd telling van 15 – 26 het dinge nie rooskleurig vir die Liggies gelyk nie. Die tweede helfte het egter vir groot opwinding gesorg toe die Liggies met hernude krag en deursettingsvermoë op die veld gedraf het. Met goeie, verdedigende rugby kon hulle daarin slag om die bordjies te verhang en die wedstryd 41 – 36 te wen. Die Liggies het op Oos-Moot se agterlyn geboer en drieë is aangeteken deur Henco Scheepers, Renier van Staden, Neo Zwane, Siyanda Dennison (onder-kaptein), Jurgens Bezuidenhout (kaptein) en Bandile Thanjekwayo, wat twee drieë gedruk het. Eben Degenaar en Gaston Brown het die res van die punte met hul skopwerk aangeteken.
Uit die nege wedstryde wat gespeel is het Ligbron 5 gewen ‘n uitmuntende prestasie gegewe die feit dat Oos-Moot bekend is as een van Pretoria se goeie rugby skole.
Die volledige uitslae:
- O.14A: 31 – 10
- O.14B: 36 – 14
- O.15A: 13 – 28
- O.15B: 10 – 12
- O.16A: 20 – 25
- O.16B: 7 – 34
- 3DES: 22 – 21
- 2DES: 22 – 19
- 1STES: 41 – 38











