Laerskool Vredekloof vier Wêreld hardop lees dag
ADVERTISEMENT
Op Woensdag, 4 Februarie 2026, het Laaerskool Vredekloof Wêreld hardop lees dag gevier. Die Klofies het dit op ‘n spesiale manier gevier deur opvoeders wat klasse ruil en hulself inleef in ‘n boek wat hulle vir die leerders van ‘n ander klas lees. Die grondslagfase Klofies is deur die ‘leesfeetjies’ bederf. Hulle het elkeen ‘n boekwurm jellie lekker ontvang om te geniet na afloop van die lees. Die tema wat Laerskool Vredekloof die jaar gekies het was, feëverhale. Elke leerder het ook ‘n boekmerk ontvang wat hulle kon inkleur en hou vir wanneer hulle lees.
“Dit is elke jaar so lekker om te sien hoe die leerders se gesiggies ophelder as ‘n opvoeder vanuit ‘n ander graad, sporthoof of selfs die skoolhoof vir jou ‘n boek kom lees. Lees speel ‘n integrale deel van elke kind se ontwikkel en dit is elke jaar ‘n dag waarna die opvoeders en die leerders baie uitsien.”, vertel ‘n woordvoerder van die skool.

Die leesfeettjies saam met van die leerders en hul gunsteling boeke.

Die skoolhoof, meneer Philip Wessels, lees vir die Graad R’e ‘n boek.









