Laerskool Tzaneen Limpopo Hokkiespelers
ADVERTISEMENT
Laerskool Tzaneen Limpopo Hokkiespeler. Die Limpopo spanne vir die 2023 seisoen is aangewys en die Larries wens die volgende spelers baie geluk met hul verkiesing tot die provinsiale spanne. Ilana Lubbe, Lika Nel en Shekinah Ramabulana is almal onder 13 en hul is ingesluit in die A-span wat gaan deelneem aan die Interprovinsiale toernooi wat aangebied word in Bloemfontein vanaf 1 – 5 Julie.
In die B en C-spanne is Maryna Jacobsz, Mandla Nkuna, Ndzaka Twala en Livhuwani Makwarela. Hul sal deelneem aan ‘n toernooi in Potchefstroom vanaf 29 Junie tot 3 Julie. Die onder 12 spelers wat in die streekspanne ingesluit is, is: Kaylee Dreyer, Dunay Dreyer, Jany Norval, Kgotatso Senyolo, Willem Mostert, Celbie Rabopape, Ruan Bieldt, Luan Lubbe, Refentse Pheladi en Liam Fourie. Hul toernooi vind plaas in Krugersdorp vanaf 30 Junie tot 4 Julie. Baie geluk.
Ndzaka Twala
Luan Lubbe
Kgotatso Senyolo, Willem Mostert, Liam Fourie, Dreyer, Celbie Rabopape, Dreyer, Ruan Bieldt, Jany Norval, Refentse Pheladi.
Ilana Lubbe, Shekinah Ramabulana, Lika Nel
Mandla Nkuna, Maryna Jacobsz, Livhuwani Makwarela










