Laerskool Truida Kestell uithourit ruiter wys haar staal in die saal
ADVERTISEMENT
Rhoné Naudé van Laerskool Truida Kestell het 5 – 7 Julie aan die ERASA Nasionale uithourit kampioenskappe deelgeneem te Fauresmith. Sy en haar perd, Arkab Alfa, het die 206km in die 9e plek vir kinderruiters voltooi. Dit is n uitstekende prestasie as in gedagte gehou word dat 298 perde die rit begin het maar dat slegs 126 perde die rit voltooi. Dus het 57% van die ruiters nie die rit suksesvol voltooi nie.
Ten einde te kwalifiseer om aan die Nasionale Kampioenskappe te mag deelneem moet die ruiter en perd 3 x 80km ritte suksesvol voltooi. Ook hier het Rhoné haar staal gewys met 3 eerste plekke en 3 keer ‘n toekenning ontvang vir die ‘Beste voorbereide perd’.










