Laerskool Stulting Primary School Kunstefees 2024
ADVERTISEMENT
Laerskool Stulting Primary is so trots op ons Stulting Kunstefees. Die leerders het hulle talente uitgeleef en hulself oortref. Dankie en geluk aan elke deelnemer. Almal het hul baie goed van hulle taak gekwyt en uitstekende resultate behaal. Laerskool Stulting Primary School is baie trots op elke individu se prestasies! Dankie vir al die skole wat ons Kunstefees kom ondersteun het. Sonder julle sou ons kunstefees nie ‘n reuse sukses kon wees nie.
Wat ‘n ongelooflike kunstefees! Baie dankie vir almal se harde werk, beplanning, planne beraam, motivering en skenkings. Dankie aan al die sameroepsters en al die mammas betrokke en vir julle ywerigheid, harde werk en toewyding om dit n uiterse suksesvolle dag te maak. Ons was voorwaar geseënd hierdie jaar! Spesiale dank aan al ons leerders, asook aan die ander skole!


















