Laerskool Hennopspark tennisspelers maak geskiedenis op die baan
ADVERTISEMENT
Laerskool Hennopspark is ongelooflik trots op ons kaalvoetkind Merize Smit, wat die besonderse eer ontvang het om deel te neem aan Tennis Suid-Afrika se Junior Masters-toernooi!
Hierdie gesogte byeenkoms vind slegs per uitnodiging plaas en bring die top junior spelers in die land bymekaar. Net die ses beste meisies en seuns in elke ouderdomsgroep (o/12, o/14, o/16 en o/18), saam met twee 𝙬𝙞𝙡𝙙 𝙘𝙖𝙧𝙙𝙨, kry die kans om hul talente hier te wys.
Merize se harde werk, onwrikbare toewyding en uitstekende prestasies deur die jaar het haar dié welverdiende plek besorg. Ons is net so trots op Jamie Roux, ’n trotse oud-Hennopsparker, wat ook genooi is om aan die Junior Masters deel te neem.
Julle laat ons Hennopsharte klop van trots!











