Laerskool Stulting personeellede woon heel eerste SAOU Kragspel by
ADVERTISEMENT
Vyf van Laerskool Stulting personeellede het die voorreg gehad om die heel eerste SAOU Kragspel, aangebied in Gqeberha, by te woon. Dankie aan al die borge wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het, asook aan die gassprekers wat kragtige boodskappe gedeel het oor die belangrike verbintenis tussen sport en onderwys.
’n Spesiale woord van waardering aan mnr. Corne Krige, voormalige Springbok-kaptein, wat ons weer herinner het aan die blywende impak wat onderwysers het in die vorming van jongmense se toekoms. Sy getuienis oor hoe opvoeders sy eie lewenspad beïnvloed het, was werklik motiverend en het die verskil wat ons daagliks maak, opnuut bevestig.











