‘n Nuwe personeellid vir Merensky Landbou Akademie
ADVERTISEMENT
Merensky Landbou Akademie verwelkom me. Paulien Oosthuizen as nuwe personeellid op Plasieland waar sy verantwoordelik is vir English Home Language vir graad 8 en 9. Nadat sy aanvanklik geregistreer het vir BCom by UNISA het die onderwysgogga gebyt en het sy oorgeskakel na BEd en was vir ‘n hele aantal jare by Northern Academy in Polokwane waar sy besigheidsvakke en ook dramatiese kunste aangebied het.
Me. Oosthuizen het ‘n passie vir kultuur en die kunste en sien uit om betrokke te raak by die tientalle geleenthede wat Plasieland bied. Oosthuizen se wederhelf, Lohann, is die nuwe adjunkhoof by Unicorn Preparatory School. Saam met hul twee kinders is hul opgewonde om Tzaneen te verken en hul nuwe lekkerblyplek te maak.
![]()










