Laerskool Rustenburg skaak uitslae
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het Laerskool Rustenburg se Junior en Senior Skaakspan aan die Super 12 deelgeneem te Sol-Tech. Dit was ‘n ongelooflike ervaring vir ons leerders en hulle het uitstekend gevaar. Die Seniorspan het 12de geeindig uit 23 skole. Ons span het ons naam hoog gehou.
Laerskool Rustenburg kan ook met groot trots vir Vaugan Annandale sê baie geluk met sy prestasie. Hy stap weg met ‘n uitmuntende 5/5 en verower ‘n Bordprys vir die dag. Welkgedaan aan elke leerder wat deelgeneem het. Larries is baie trots op julle.
Juniorspan

Van links na regs, Voor: Bradley, Zané Mbewe, Mijoané de Beer, Eckhardt Broodryk, Handré Hough. Agter: Johandré Heyneke, Ruan Staegemann, Mienke Stadler, Elshané Hough en Dewald Jv Vuuren
Seniorspan

Van links na regs, Voor: Andriko Martinson, JoNathan Bodenhorst, Vaugan Annandale, Jared Watt, Lohan Steyn en Ricardo Wolmarans. Agter: Armand v Rooyen, Rowan Grobler, Mari jv Vuuren, Chad Watt en Franco Wolmarans








