Laerskool Rustenburg behaal ‘n tweede plek in die BNP Paribas Tennistoernooi
ADVERTISEMENT
Larries se seuns en dogters o.13 tennisspanne het ‘n baie suksesvolle BNP Paribas Noordwesuitspele toernooi gehad op Maandag 23 Oktober 2023. In snikhete omstandighede het beide spanne deurgedring na die fi nale waar hulle uiteindelik die silwermedaljewenners was. Larries is ongeloofl ik trots op hierdie seuns en dogters. Baie geluk!









