Laerskool Roodekrans Tennis is Ligawenners
ADVERTISEMENT
Laerskool Roodekrans Tennis is Ligawenners.o.13 Gouespan:Baie geluk aan ons o.13 Gouespan wat as wenners by die Liga uitgestap het. Hierdie 4 seuns stap al ‘n vêr pad saam en hulle het elke jaar bewys hoe hulle tennis gegroei het. Hulle band het onbreekbaar geword en hulle het met hierdie uitstekende prestasie gewys wat in hulle steek – hulle sluit hulle laerskool tennisloopbaan saam op ‘n groot hoogtepunt af en ons is baie trots
op hulle.

o.11 Gouespan: Baie geluk aan ons o.11 Gouespan wat as naaswenners by die Liga uitgestap het, julle het baie potensiaal en ons sien uit om te sien wat julle in die toekoms gaan oplewer.

Ons o.13 blou tennisspan is al span wat al hulle wedstryde gewen het die seisoen. Ricco van Zyl het vir elke speler ‘n bottel geborg.

Christiaan Nolte, Janco Botha, Reese van Zyl, Daniel Schlebush.








