Laerskool Randhart maak hul harte vir elke vierpootvriend oop
ADVERTISEMENT
’n Groot dankie van die Rantie-span! Wat ’n ongelooflike dag van liefde en omgee! Laerskool Randhart het weereens gewys dat ons hartjie vir elke vierpootvriend daarbuite klop. Ons leerders en ouers het die DBV met kos, komberse en speelgoed oorlaai – genoeg om baie stertjies van pure blydskap te laat swaai!

Ons onderwysers het ook tyd saam met die diere deurgebring – van strelende hande tot sagte woorde – elke oomblik was ’n herinnering aan hoe klein dade groot verskille maak. ’n Spesiale dankie aan Takealot, wat met ’n reuse skenking van meer as 70 sakke kos ons uitreikaksie ekstra besonders gemaak het. Julle ondersteuning beteken die wêreld vir ons! Baie dankie aan elke Randhart-ouer, leerder en ondersteuner wat saamgehelp het om hierdie projek ’n sukses te maak. Julle gee nie net kos en speelgoed nie – julle gee hoop.










