Laerskool Goedehoop gee om
ADVERTISEMENT
Laerskool Goedehoop het ʼn Ons gee om-projek gehad waar klere vir behoeftige mense geskenk kon word. Die VCSV van Goedehoop het klere ingesamel en kon vandag ‘n klomp swartsakke aan die SAVF skenk om mense, oud en jonk, in nood te help. Laerskool Goedehoop kan hoop bring aan die behoeftige mense en hul lyfies warm hou in die koue winter. Dankie vir elke gesin se bydra tot hierdie projek. Met hierdie hoop klere kan ons verseker vir iemand nuwe hoop gee! Die wenklas wat die meeste klere geskenk het was die Pikkewynklas. Baie geluk!











