Hoërskool Linden se meer as 500kg doppies maak ‘n verskil in ‘n jong dame se lewe
ADVERTISEMENT
Na afloop van die 2024 doppie-projek het Hoërskool Linden die doelwit van 500kg doppies oorskry! In samewerking met Northcliff Orthopaedic Centre het die skool ‘n reuse verskil in ‘n jong dame se lewe gemaak deur vir haar ‘n persoonlike rolstoel te gee wat by haar behoeftes pas. Baie dankie aan elke leerder en gesin wat bygedra het tot hierdie geleentheid, om te dink selfs net een doppie het ‘n verskil gemaak!










