Laerskool Eureka leerling presteer in Swem
ADVERTISEMENT
Baie geluk, Li-maré Olivier van Laerskool Eureka! Li-maré het aan die Flamingo + Good Hope Swemgala op 25 en 26 Oktober deelgeneem en uitstekend presteer!
5× Silwer medaljes vir:
• 50m Vryslag
• 50m Rugslag
• 50m Vlinderslag
• 50m Borsslag
• 100m Vryslag
1× Goue medalje vir:
• 100m Rugslag
Ons is ongelooflik trots op jou, Li-maré! Hou aan om die water te laat spat!









