Laerskool Vastrap Landsdiener wys dat jy nooit te jonk is om ‘n verskil te maak nie
ADVERTISEMENT
Ulrich Weber, ‘n Jong Graad 7 leerder van Laerskool Vastrap en getroue Landsdiener, wys dat jy nooit te jonk is om ‘n verskil te maak nie. Ulrich het sy hart en hande oop gemaak om ‘n verskil aan talle hawelose diere te maak wat tans by die SPCA woonagtig is.
Die SPCA Rustenburg is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat tans talle diere op ‘n daaglikse basis ontvang en is volkome afhanklik op die ondersteuning van die publiek. Ulrich is reeds van kleintyd af geïnspireer om ‘n verskil in die diere se lewens te maak. Hy het besluit dat hy met sy Landsdiensprojek vir 2025 net die publiek weer bewus wil maak dat elkeen se hulp, hoe klein ook al, ‘n verskil kan maak in hierdie diere se lewens. Hy is al sedert Maart aktief betrokke by die SPCA. Hy hou insamelings, le besoeke af, gaan bad en speel met die diere en hy het al selfs ‘Blik geskud’ ter insameling van fondse. In sy vrye tyd oor naweke help hy met tuinwerkies by familie en vriendelik en vra net ‘n ietsie vir die diere ter betaling vir sy dienste.”Die SPCA word dikwels oorgesien en dit breek my hart om te weet dat daar dalk een hondjie is wat honger en koud moet gaan slaap vanaand. Ons vergeet soms van al die kostes wat die SPCA probeer dek om sodoende die diere te versorg. Die werkers by die SPCA is gewoonlik volenteers maar doen steeds hulle pligte elke dag met soveel liefde en sorg vir elkeen daar. My wens is dat elke dier daar geliefd moet voel en warm moet slaap totdat hulle eendag na hulle ‘Forever home’ gaan. Ondersteun asseblief my projek en hierdie ongelooflike instansie. Elke bietjie hulp maak ‘n groot verskil,” sê Ulrich.











