Hoërskool Swellendam gee ‘n hand aan World Vision
ADVERTISEMENT
Die 6de en 7de November het 24 graad 10’s vir die vrywilligers van World Vision (‘n organisasie wat na oorloggeteisterde lande of lande wat noodsituaties ervaar, gaan om hulp te verleen) bygestaan tydens hulle opleiding. Ons leerders moes as akteurs in sekere scenarios optree, sodat die vrywilligers die nodige opleiding kon ontvang, voordat hulle uitgestuur word na noodsituasies regoor die wêreld. Ons wil weereens almal van World Vision en oom Alyn van Felix Unite bedank vir hulle vriendelikheid, die etes en die voorreg om deel te wees van hierdie lewensveranderende organisasie. Mila Engelbrecht
![]()










