Laerskool Noord-Eind leerder skitter by WITS Interskole Redenaarsliga
ADVERTISEMENT
Corné Rabie leerder van Laerskool Noord- Eind het hierdie naweek aan die WITS Universiteit se interskole redenaarsliga by Paul Roos deelgeneem. Hy het 93% vir sy toespraak behaal.
Sy puik prestasie is ’n bewys van sy goeie voorbereiding, sterk redenaarsvaardighede en vermoë om ’n gehoor te boei. Ons is ongelooflik trots op Corné en sy harde werk.
Baie geluk met hierdie besondere prestasie ons sien uit daarna om nog baie van jou redenaarsuksesse te vier!










