HS Upington Redenaars Presteer
ADVERTISEMENT
Na twee jaar se “slegs aanlyn-kompetisies” is ons leerders weer ‘n slag ook in lewende lywe aan die praat.
Die onlangse ATKV-streekskompetsie het alle verwagtinge oortref deurdat elke liewe leerder wat ons ingeskryf het, deur is na die semi-finale rondte.
Graad 8-9 HT:
- Evan Janse van Rensburg – Onvoorbereid
- Tessa Ludik – Voorbereid
Graad 10-12 HT:
- Mikhé Kruger – Onvoorbereid
- Minke van den Heever – Voorbereid
- Jolize Swanepoel – Voorbereid
- Mar-Zanné Strauss – Voorbereid
Graad 10-12 EAT:
- Onthatile Thaga – Voorbereid
RADIKALE UITSLAE BY RADIKALE REDENAARS
Vyf van ons leerders het aan die Radikale redenaars deelgeneem en hul besonders goed van hulle taak gekwyt.
Mikhé Kruger, Graad 10, dring deur na die nasionale finaal in vier verskillende kategorieë in haar ouderdomsgroep waaronder die lees van poësie in Afrikaans en Engels, prosa lees en die eksperimentele toespraak val.
Evan Janse van Rensburg neem deel aan Lees: Prosa-afdeling en dring ook deur na die nasionale finaal in sy ouderdomsgroep.
Verder het alle leerders aan die voorbereide beredenerende toesprake deelgeneem en is almal deur na die streeksfinaal.
Graad 8: Tessa Ludik.
Graad 10: Mikhé Kruger.
Graad 12: Mar-Zanne Strauss, Jolize Swanepoel.
Jolizé Swanepoel het bewys dat sy ‘n meisie van vele talente is. Sy het nie net deurgedring na die semi-finale ronde by die ATKV Redenaars nie, maar het ook ‘n plek losgeskryf in die SAAWK se POORT-skryfkompetisie. Haar storie is gekies om as deel van die top-skryfwerk van die jaar in die POORT-bundel te verskyn.
Jolize Swanepoel
Mikhe Kruger
Onthatile Thaga
Mar-Zanné Strauss
Tessa Ludik
Minke van den Heever
Evan Janse van Rensburg










