Hoërskool Upington Perdry Uitslae
ADVERTISEMENT
Narike Hoft, Gr.12 leerder van Hoërskool Upington, het van 25-30 April 2022 deelgeneem aan die World’s Open Air Saddlebred Championships in Bloemfontein.
Sy het in die 5 Gang Ryperd Kampioenskap deelgeneem, waar sy 8ste geeïndig het.
Haar volgende deelname sal as lid van die Junior Protea 3 Gang Ruiterkuns Span in Kentucky in die VSA wees vanaf 21 tot 31 Julie 2022, waarvoor daar nou sterk voorberei word.
Ansu de Jager, Gr.9 leerder van Hoërskool Upington, het van 25 – 30 April 2022 deelgeneem aan die World’s Open Air Saddlebred Championships in Bloemfontein.
Ansu behaal ‘n 5de plek in die Kampioen Siertuig o.18, ‘n 3de plek in die SA Kampioen Kinder Parkperd ruiters o.16 jaar en ‘n 5de plek in die Junior SA Groot Kampioen Parkperd 0.18 klas.
Wynand Bezuidenhout neem van 3 tot 5 Mei deel aan die Suid-Afrikaanse Arabier Nasionale Kampioenskappe, met ‘n nuwe perd (Deo Jada besit deur AAA stoet) en verwerf die volgende:
- Junior Rider to Ride Hunter Pleasure Horse – 1ste
- Novice to Ride Hunter Pleasure Horse – 1ste
- Senior Hunter Pleasure horse Mares – 6de uit 12 ruiters
Narike Hoft
Ansu de Jager
Wynand Bezuidenhout










