Primêre Skool Naudeville leerder neem deel aan Internasionale perdeskou
ADVERTISEMENT
Karlien van Jaarsveld, ‘n leerder van Primêre Skool Naudeville, het aan Cornerstone Classique (80cm) in Pretoria deelgeneem. Dit was haar eerste keer wat sy so hoog gespring het. Sy het die jaar in 40cm deelgeneem.
Dis ‘n Internasionale perdeskou wat een maal per jaar gehou word. Ander lande buite Suid-Afrika neem ook deel. Karlien se span het algeheel eerste gekom in die Team event, hulle span het die beste tyd gehad.
Baie geluk!
![]()










