Laerskool Hugenote Dubbele Wes-Kaap redenaars sukses
ADVERTISEMENT
𝘒𝘭𝘦𝘪𝘯 𝘱𝘢𝘬𝘬𝘪𝘦𝘴 𝘪𝘴 𝘷𝘰𝘭 𝘨𝘳𝘰𝘰𝘵 𝘥𝘪𝘯𝘢𝘮𝘪𝘦𝘵!
Hugenote Laerskool spog vanjaar met ‘n rekordgetal van twee sprekers wat onder die top 10 redenaars in die Wes-Kaap by die nasionale ATKV-Redenaarskompetisie geëindig het.
Ruben Elliot het ‘n algehele 7de plek en Philip Louw ‘n 2de plek by die provinsiale finaal behaal. Beide hierdie raakpraters is in graad 4. Wat hierdie prestasie ekstra besonders maak, is dat hulle teen ouer sprekers in die graad 4- en 5-afdeling meegeding het en vanjaar vir die eerste keer aan redenaarskompetisies begin deelneem het.
Benewens hierdie uitsonderlike prestasie het Philip ook ‘n 2de plek in die nasionale Radikale Redenaarskompetisie in die Wes-Kaap te behaal.
Philip sal ons skool en provinsie in Augustus by die nasionale finaal van die gerekende ATKV-kompetisie verteenwoordig.










