Laerskool Stulting leerders het aan die Oos-Kaap ATKV Redenaars deelgeneem
ADVERTISEMENT
Die volgende Laerskool Stulting leerders het 6 April aan die Oos-Kaap ATKV Redenaars se eerste uitdunrondte deelgeneem. Almal wat deelgeneem het, het hulself baie goed van hul taak gekwyt, ten spyte van die sterk kompetisie. Dit verg baie moed om voor mense te praat, veral as daar beoordelaars ook vir jou kyk. Ons leerders het senuwees van staal, en het met baie selfvertroue hulle sê gesê. Alle dank aan Liewe Jesus dat hy hierdie talent aan elkeen gegee het. Ons is geweldig trots op elke leerder se toewyding en harde werk. Ons wag nou in spanning vir die uitslae.
- Liviané van Niekerk
- JC Vermaak
- Xander Troskie
- Saskia van Loggerenberg
- Franku van Niekerk
- Amé Spangenberg
- Simoné van der Walt
- Lika Vermaak
- Christopher van Onselen
- Lila Millard
- Mianka Marais
- Annemie Botes
- Kian Koekemoer
Baie geluk aan elke deelnemer. Ons is baie trots op elkeen se harde werk en deursettingsvermoë. Stulting is trots op ons babbelbekkies. Welgedaan!
















