HS Dundee redenaars neem deel aan EG Jansen kompetisie in Amanzimtoti
ADVERTISEMENT
Daar is niks mooier as die waarheid wat uitkom as jy jouself in jou eie taal uiting kan gee nie. Ons moedertaal en ‘huistaal’ is die klanke wat van kleins af liggies op ons ore val en met ‘n hartsritme by ons mond uitborrel. Op Vrydag, 11 Maart 2022, het twee van ons leerders aan die EG Jansen Redenaars by Hoërskool Amanzimtoti deelgeneem.
Emily Joubert en Inneke Labuschagne het DHS in die senior-afdeling verteenwoordig. Die kompetisie bestaan uit ‘n voorbereide toespraak wat deur altwee spanlede gelewer word. Daarna moet daar ook ‘n onvoorbereide toespraak, waarvan die leerders net 5 minute voorbereidingstyd het, deur een van die spanlede gelewer word. Al het hulle nie gewen nie, het albei verteenwoordigers dit ongelooflik geniet en die uitdaging ten volle benut tot hul voordeel.
![]()










