Laerskool Montagu atlete presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Die naweek van die 8ste Maart het Viljoen Conradie, Herlin Khana, Wian Joubert, Liam van der Merwe, Suna Bussell en Jarell Johnson Boland verteenwoordig tydens die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe. Die volgende atlete was opgeneem in die Wes-Kaap atletiekspan wat van 21 – 22 Maart aan die ASA Primêre Skole Atletiek Kampioenskappe in Germiston deelgeneem het. Laerskool Montagu is baie trots op hul atlete.













