Hoërskool Ermelo se atlete vaar uitstekend
ADVERTISEMENT
Errie-atlete vaar uitstekend tydens Gert Sibande distrik-kampioenskap. Die volgende leerders het op 25 Februarie aan die Gert Sibande distrik-kampioenskap deelgeneem. Die atlete het uitstekend presteer en die volgende leerders gaan deur na die Mpumalanga provinsiale byeenkoms:
- Mia Steenkamp behaal ’n eerste plek in die 400m-hekkies.
- Zané du Plesis behaal twee eerste plekke in onderskeidelik 200m en 100m-hekkies.
- Bongmusa Vilakazi eindig tweede in die 1500m.
- Tyrone Berning eindig eerste in 400m-hekkies, asook in hoogspring.
- Mia Davel behaal ’n eerste plek in hoogspring en tweede in die 100m-hekkies.
- Mikaela Hand eindig eerste in skyfwerp.
- Luan Greyling behaal ’n eerste plek in die 800m en tweede in die 400m.
- Vicky Janse van Rensburg behaal ’n eerste plek in driesprong, tweede in verspring en twee vierde plekke in onderskeidelik gewigstoot en spiesgooi.
- Marlione Erasmus eindig tweede in die 100m, asook in die 200m.
- Quinet Swart eindig vierde in die 90m-hekkies.
- Janeske Janse van Rensburg eindig derde in die 800m.
- Aletha Kloppers behaal ’n eerste plek in die 3000m.
- Esther Kloppers behaal ’n eerste plek in die 3000m.
Baie geluk aan die atlete. Die Erries is besonder trots op elkeen.










