Laerskool Louis Leipoldt karateka verwerf sy Gauteng kleure
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Nathan Smith van Laerskool Louis Leipoldt wat onlangs aan die Gauteng Provinsiale SA JKA-toernooi deelgeneem het.
Nathan het sy Gauteng-kleure vir Kata in die groengordel-afdeling ontvang. Ons is ongelooflik trots op hierdie mooi prestasie!
Hou so aan, Nathan — jy maak ons Leipies trots










