Laerskool Kathu se tennisseuns kraai koning in Bethlehem
ADVERTISEMENT
Laerskool Kathu het vanaf 30 April tot 3 Mei 2024 in Bethlehem aan die jaarlikse tennistoernooi vir o. 11’s gaan deelneem. Die meisies het 5de in hulle groep geëindig en was algeheel 18de vanuit 20 skole. Die seuns het vir Pretoria-Oos gewen in die finaal. Laerskool Kathu se seuns is 2024 se kampioene. Dit is die eerste keer in die geskiedenis wat ons skool hierdie toernooi wen. Drie van die seuns is nog o. 10. Daar was 20 seunspanne in totaal. Ons is baie trots op almal en dat ons skool se tennis so gesond is.

Tennisseuns









