Laerskool Hennopspark atlete presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
12 Februarie was weereens ’n hoogtepunt vir Laerskool Hennopspark atlete. Altesaam het 107 van ons leerders aan die Clusterbyeenkoms by Hoërskool Zwartkop deelgeneem en wat ’n dag was dit nie! Ons atlete het hul merk gemaak en met trots op die podium uitgeblink. Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem en sy of haar beste gelewer het. Julle harde werk en deursettingsvermoë het duidelik geblyk. ’n Spesiale gelukwensing aan ons medaljewenners. Ons afrigters, onderwysers en skool is ongelooflik trots op elkeen van julle.
𝗠𝗲𝗱𝗮𝗹𝗷𝗲-𝘂𝗶𝘁𝘀𝗹𝗮𝗲:
- Goud: 26
- Silwer: 27
- Brons: 28
’n Besonderse gelukwensing aan ons 40 atlete wat deurdring na die Distrikbyeenkoms. ’n Rekordgetal vir Laerskool Hennopspark se deelname aan die Distrik. Baie sterkte aan elke atleet wat verder gaan deelneem. Ons staan bankvas agter julle!




















