Laer Volkskool tennisspeler vaar puik by die Round Ribbon Tennis Toernooi
ADVERTISEMENT
Hardus Lötter leerder van Laer Volkskool het die afgelope naweek aan ń round robin toernooi in Bloemfontein by Grey College deelgeneem. Die toernooi het Vrydag begin en Sondag geëindig. Hy eindig eerste in die o.10 enkels en 2de in dubbels. Sy dubbels maat was Van ginkel Jordaan van Cradock. Baie geluk met hierdie pragtige prestasie, Hardus.










