Interskole Atletiek uitslae vir Hoërskool Swellendam
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swellendam se deelname aan die interskole- atletiekbyeenkoms was ’n groot sukses, met Swellies wat uitstekend gevaar het. Leerders wat tydens die kleuresport-atletiek ‘n eerste, tweede of derde plek in hul items behaal het, het deurgedring om die skool op interskolevlak te verteenwoordig.
Inge van Wyk het besonder uitgeblink en die junior Victrix Ludorum-titel huis toe gebring. Aan die einde van die dag het Hoërskool Swellend ‘n tweede plek behaal– ’n prestasie waarop ons met reg trots kan wees.










