Hoërskool Goudini bedank afrigter vir ware passie en toewyding
ADVERTISEMENT
Hoërskool Goudini wil vandag vir Karin Theart ‘n spesiale dankie sê vir haar ongelooflike omgee en vrygewigheid. Sy het haar hart oopgemaak vir een van Hoërskool Goudini se atlete en hom afgerig om hom voor te berei vir die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe.
Jou onbaatsugtige toewyding en liefde vir sport maak ‘n werklike verskil in kinders se lewens. Dankie dat jy in Dian glo en hom help om sy drome na te jaag!










