Laerskool Handhaaf leerder presteer by die EC Hunter Field Target Association Event
ADVERTISEMENT
Zaiden du Preez leerder van Laerskool Handhaaf het in September aan die Eastern Cape Hunter Field Target Association Event 2025 deelgeneem — en sommer groot geskiet! Slegs 11 jaar oud, en hy stap weg as die wenner van die o.13-afdeling! Mooi gedaan, Zaiden! Jou harde werk, dissipline en deursettingsvermoë wys regtig — ons is trots op jou!













