Laerskool Gene Louw leerder presteer in Tennis
ADVERTISEMENT
Milea Jacobs van Laerskool Gene Louw het aan ’n o/12 TSA Mini-toernooi in George deelgeneem as ’n o/11-leerder. Sy het uitstekend presteer en silwer in die enkels en goud in die dubbels verwerf. Baie geluk, Milea! Welgedaan met hierdie puik prestasie.










