Skitter tennis uitslae vir Laerskool Courtrai
ADVERTISEMENT
Die tennisspelers van Laerskool Courtrai het hul staal behoorlik gewys tydens hul onderskeie tennistoernooie, vele medaljes was ook verower. Die uitslae was soos volg
- Mienke Troskie (graad 7) wen ’n silwermedalje in die o.18 dubbels by die Eden Grand Prix toernooi in George, asook ’n bronsmedalje in die o.16 enkels by die Paarl Grand Prix.
- Münke Blom (graad 7) eindig 2de in die o.14 dubbels finaal en ’n bronsmedalje in die o.14 enkels, ook by die Eden Grand Prix in George.
- Lara Schwabe (graad 7) wen ’n goue medalje in die o.14 dubbels, ook by die Eden Grand Prix in George.
- Ellene Markram (graad 4) wen die goue medalje vir dogters o.10 tydens die Winelands Rainbow Kids toernooi.
- Karla Stadler (graad 5) wen die bronsmedalje tydens die Kaapse Wilson toernooi in die o.11 afdeling.
- Lukas Pretorius (graad 4) het aan twee o.10 Wilsontoernooie in die Kaap deelgeneem. Hy eindig 3de in die een toernooi en wen die ander toernooi.

Isabel v d Westhuizen

Tennis medaljewenners









