Laerskool Gene Louw atlete stel nie teleur by Durbell-byeenkoms
ADVERTISEMENT
Laerskool Gene Louw het die afgelope naweek die geleentheid gehad om weer hul topgehalte sportgronde en -fasiliteite, van die beste in die Kaap, met trots ten toon te stel en 13 skole van reg oor die Kaap vir die jaarlikse Durbell-atletiekbyeenkoms te verwelkom.
Gene Louw se atlete het nie teleurgestel nie en uitstekend gevaar tydens hierdie geleentheid. Nie minder nie as 23 Gene Louw-atlete het gekwalifiseer om deur te dring na die volgende ronde, naamlik die Distrikskampioenskappe. Hierdie kampioenskappe se veldnommers sal op 19 Februarie plaasvind en die baannommers op 26 Februarie en albei geleenthede word weer deur Laerskool Gene Louw aangebied. Gene Louw is een van die min skole in die Kaap wie se bane en fasiliteite groot genoeg is en aan die nodige standaarde voldoen om hierdie spoggeleentheid aan te bied.
Na die Distrikskampioenskappe, sal die WP-kampioenskappe en daarna die Wes-Kaapkampioenskappe volg.
Podiumfoto: Een van vele hoogtepunte van die dag was die 80m vir seuns o/10. Eerste plek: Corné Conradie (Laerskool Gene Louw). Tweede plek: Christo Bezuidenhout (Laerskool Durbanville). Derde plek: Daniel Zaaiman (Laerskool Eversdal). Vierde plek: Ezra Hess (Boston Primary)













