Laerskool Curro Durbanville ontvang toekennings by ATKV Tjokkertoneel Wes-Kaap Streeksfees
ADVERTISEMENT
Laerskool Curro Durbanville ontvang die volgende toekennings vir ons produksie ‘AGT’ by die ATKV Tjokkertoneel Wes-Kaap Streeksfees.
- Beste Produksie: AGT deur Laerskool Curro Durbanville.
- Beste Tjokker Aktrise: Judi Hattingh van Laerskool Curro Durbanville.
- Beste Tjokker Ensemble: AGT deur Laerskool Curro Durbanville.
Hierdie toneelstuk dring deur na die ATKV Tjokkertoneel Nasionale Finaal, waar hulle onder die top-6-tjokkerproduksies gaan meeding wat tussen 3 en 5 Oktober by Gold Reef City in Johannesburg plaasvind.










