Hoërskool DF Malan leerder swem goud los in die Wes-Kaapse Kortbaankampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool DF Malan leerder Eben Bester het van 13 – 16 Julie aan die Wes-Kaapse Kortbaankampioenskappe by Generations in Somerset-Wes deelgeneem.Hy het aan 12 items deelgeneem, persoonlike beste tye behaal in 5. Hy het goud gekry in ‘n 4x 50m vrye aflos en het ook gekwalifiseer om in Augustus aan die SA Kortbaankampioenskappe deel te neem. Baie geluk met hierdie pragtige prestasies, Eben!












