Laerskool Montagu atleet neem deel aan die Biathle en Triathle Wêreldkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Laerskool Montagu is baie trots op Mieke Joubert wat Suid-Afrika verteenwoordig het by die Biathle en Triathle Wêreldkampioenskappe in Egipte. Mieke het aan beide finale deelgeneem op 12 en 13 Oktober. Sy behaal ‘n algehele 18de plek in die Triathle en ‘n 21ste plek in die Biathle in die o.15 dogters kategorie.










