Laerskool Belliville-Noord Groentjiesklub reik uit na skool
ADVERTISEMENT
Die Groentjiesklub van Laerskool Bellville-Noord het weer uitgereik na die Donald Duck Pre-primêre Skool op Laingsburg. ‘n Hele paar bokse met splinternuwe opvoedkundige speelgoed, asook skenkings van leesboekies, sakke klere en skoene, werkboekies vir graad 1’s (skenking deur die Grondslagfase) asook toiletpapier is by die skooltjie afgelaai. Die klere en boeke wat nie deur dié skooltjie self gebruik kan word nie, sal aan die laerskool op die dorp geskenk word.
Me. Catherine Spogter en ‘n klein groepie opgewonde leerlinge van die woonbuurt, het die bokse en sakke Saterdag, 12 Julie, in ontvangs geneem.
![]()










