Hoërskool Oudtshoorn Prysuitdeling
ADVERTISEMENT
Hoërskool Oudtshoorn Prysuitdeling:
Struisie Legend
Die 2022 graad 12-merietelys het nie minder nie as 35 leerders opgehad, wat van akademiese halfkleure tot erekleure vir hul harde werk deur die jaar ontvang het. Hier is die top 13-leerders wat óf akademiese kleure óf erekleure ontvang het.
Agter van links is Jody Human, Corli-Maré Griffioen, Mohammed Hussein, Engé Swart, Annalize van der Westhuizen, Igma Stander en Nicole Erasmus.
Voor van links is Dylan Dreyer, Anke Kruger, Kai Barry, Nicay Jackson, Cameron Mentoor en Paricia Esterer.
Dylan Dreyer en Anke Kruger
Dylan Dreyer en Anke Kruger het met ‘n gemiddeld van onderskeidelik 91.3% en 89.7% die top-posisies op die Matriekklas van 2022 se merietelys beklee! Dylan het hiervoor die Johan Potgieter-wissel-trofee ontvang en Anke op haar beurt die Roelie van Rensburg-wisseltrofee.
Dylan Dreyer (links) en Anke Kruger
Graad 12-leerders
Hierdie 2022 graad 12-leerders het almal spesiale toekennings ontvang.
Agter van links is Anke Kruger, Lienke Viviers, Enge Swart, Corli-Maré Griffioen – wat elk ‘n staatmakertoekenning vir bedagsaamheid en diensbaarheid ontvang het en Mari-let Human wat die “Joie de Vivre”-toekenning vir haar spontaneïteit, sin vir humor en positiewe gesindheid ontvang het. Voor van links is Lezer Pedersen wat die Tertius Strauss-wisseltrofee ontvang het, Igman Stander en Dylan Dreyer het beide beurse vir veelsydigheid in sport, akademie en kultuur ontvang en Annalize van der Westhuizen vir buitengewone toewyding aan akademie en buitemuurse aktiwiteite vereer.
Spesiale Leierskaptoekennings
Spesiale leierskaptoekennings is aan hierdie leerders oorhandig.
Van links is Reece Wheeler, hoofseun en voorsitter van die VRL; Kai Barry, onderhoofdogter; Troy Meiring, onder-hoofseun, Annalize van der Westhuizen, hoofdogter; en Magnus Engelbrecht, VRL-sekretaris.
2023 Matriekraad
2023 se Matriekraad is agter van links Matthew Jonathan, Madri Botha, Lilitha Yekani, Lené Laubscher, Jordan Browers, Jeandré Jaftha en Cha-Rey Radebe. Voor van links is Owethu Hansa, Thembi Kroma, Hlonela Pikashe, Joané van der Westhuizen, Magnus Engelbrecht, Lerato Vena, Shane Draai en Ninke Griffioen.
2023 Hoofleiers
2023 se nuwe hoofleiers is met groot gejuig tydens die prysuitdeling aangekondig. Van links is Hlonela Pikashe, onder-hoofdogter; Joané van der Westhuizen, hoofdogter; Magnus Engelbrecht, hoofseun; en Lerato Vena, onder-hoofseun.










