Hoërskool Ermelo netbal eerstes preteer
ADVERTISEMENT
Op Dinsdag, 27 Februarie, het EHS se netbalspanne ’n hele reeks wedstryde teen verskeie spanne van Hoërskool Middelburg gespeel. Die EHS o.14A-span speel teen die o.15C-span en die o.14A-span en behaal onderskeidelik ’n
wen eindtelling van 24-0 en ’n verloor eindtelling van 2-21. Die Erries se o.14B-span kom te staan teen Middelburg se o.14C- en o.14B-spanne en verloor albei met onderskeidelik 1-27 en 1-15. EHS se o.15A-span speel teen die teenstanders se o.15A-span en verloor met 3-24. Op hul beurt, speel die o.15B-span van EHS teen Middelburg se o.15B en o.16C. EHS verloor eersgenoemde wedstryd met 2-31 en wen die volgende wedstryd met 12-6. Die o.16A’s speel twee wedstryde: teen Middelburg se o.16A’s verloor hulle 10-23 en teen die o.17A’s verloor hul 11-23. EHS se o.16B-span verloor 1-20 teen Middelburg se o.16B’s. Die tweede span van EHS speel teen die o.19B- en o.17B-spanne van Middelburg. EHS verloor eersgenoemde met 10-13, maar wen die volgende wedstryd met 19-3. Hoërskool Ermelo se eerste span pak Hoërskool Middelburg se eerste span en tree na ’n pragtige wedstryd as oorwinnaars uit die stryd met ’n telling van 40 doele teenoor 9. Baie geluk aan die dogters met ’n uitdagende dag van netbal. EHS sien uit om julle dop te hou deur die loop van die seisoen.
Hayley van der Walt
Tharina Viljoen
Lenize Nel
Die EHS se eerste span wat gespeel het










