Laerskool Seodin Leerlingraad Sop-Projek 2025
ADVERTISEMENT
Leerlingraad Sop-Projek 2025: ’n Boodskap van Hoop in ’n Fles! Ons is opgewonde om deel te wees van die Jar of Hope-projek – ’n eenvoudige, maar kragtige manier om honger te verlig en hoop te bring aan gesinne in nood. Elke fles bevat ’n volledige maaltyd wat met liefde saamgestel is: rys, lensies, sopmengsel en geurmiddels – genoeg om ’n gesin van vier te voed.
Dankie aan elke vrywilliger, skenker en ondersteuner wat hierdie projek moontlik gemaak. Julle gee nie net kos nie – julle gee waardigheid, warmte en hoop. Saam maak ons ’n verskil maak – een fles op ’n slag.














